Meer oor ons

Die visie van die praktyk is om mense deur terapeutiese ontwikkeling  te help om alternatiewe uitkomste van keuse te vind vir uitdagings in die lewe.

 

My praktyk het ontstaan uit ‘n droom om mense te help om na trauma van watter aard ook al weer ‘n vol en gelukkige lewe te kan lei!

 

Deur my werk wil ek mense lei om traumatiese ervarings, lewenskrissise en sommer elke dag se struikelblokke wat mense se lewenskwaliteit bedreig te verwerk en alternatiewe vaardighede te ontwikkel sodat hulle  met hoop toekomsgerig kan leef.

 

Ek het voorgraads as maatskaplike werker gekwalifisseer en toe reeds hierdie droom gekoester.

Ek het as maatskaplike werker gewerk by ‘n organisasie vir persone met gestremdheid en later by Deafblind Southafrica . In beide hierdie  organisasies was ek in die bevoorregte posisie om te leer dat die “gewone” nie die enigste manier is waarop doelwitte bereik kan word nie!- Maar dat alternatiewe van doen vir omtrent enige iets gevind kan word!

 

Dit het my geleer om buite die “boks” te dink en so voorberei vir die uitdaging om mense te begelei op paaie wat tot alternatiewe uitkomste sal lei.

 

In 1998 het ek ‘n meestersgraad aangepak.  Hierdie graadkursus  handel baie spesifiek oor die narratiewe terapie. Ek het die graad gedoen deur die instituut vir terapeutiese ontwikkeling en Unisa se departement van Teologie.

 

Dit was vir my ‘n ongelooflik verreikende ervaring en ek het hier besef hoe ‘n groot verskil hierdie benadering tot terapie vir mense kan beteken.

 

Ek het besef dat my droom nie net ‘n droom hoef te bly nie, maar dat ek daadwerklik ‘n positiewe verskil tot mense se lewenskwaliteit kan maak.

 

Ek het in 2000 met ‘n praktyk in Bloemfontein begin.

Hier het ek hoofsaaklik terapeutiese dienste gelewer by ‘n gesinsgeweld en krisis kliniek.

 

In 2006 het ek besluit om te verhuis na die Vaaldriehoek, hoofsaaklik om nader aan my familie te wees.

 

Hier het ek weer aan my praktyk begin bou en is baie trots op die diens wat ek hier kan lewer!

My kantoor is ingerig by my huis.  Hierdie besluit is hoofsaaklik gemaak omdat ek van mening is dat die huislike en rustige atmosfeer bydrae om mense gemaklik en rustiger te laat voel en so bydrae tot die terapeutiese proses.

 

Om te werk van die huis af het ook die voordeel dat my troeteldiere hulle bydrae tot die terapeutiese proses kan maak – veral met kinders.

 

Belangstellings:

 

Ek is baie geïntresseerd in mense en hoe hulle oor die lewe dink.  Dit sluit baie nou aan met my werk en dra by dat ek my werk baie stimulerend vind.

Ek is baie lief vir diere en spandeer baie tyd saam met my viervoetige “kinders”.  Ek lees graag.

Ek rus en ontspan waar daar water is.

 

KONTAK ONS:

 

Epos: info@m-e.co.za

 

Telefoon no

082 776 1536

Slegs kantoor ure

NUUSBRIEF

 

Lees ons nuusbrief om op hoogte te bly  van ons aktiwiteite of om sommer 'n bietjie goeie raad en bemodiging te kry

 

KLIEK HIER

"We-Care" - FONDS

 

Leer meer oor hierdie projek en die goeie werk wat ons daarmee doen.

 

 

KLIEK HIER

MELETTE ELS

 

B.A. (SocSc) M. (Th) BHF

Pr Nr.: 089 000 00 28754 SACSSP Reg.Nr.: 10-17310

 

 

KLIEK HIER

indien anders aangedui is al die inhoud op die blad die intelektuele eindom van MELETTE ELS - 2015 . Moet asb nie die inligting op die blad kopier nie